Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Arts Calendar

Arts Calendar
 
2006-06-01


Teaterkafee: Chrisna Beuke-Muir is vanaand by Dorpstraat op Stellenbosch met ‘Sus Van...’ en môre is dit Delta Blue. Saterdag is Insident daar en Woensdag Counterfoil. André Swiegers kuier 8 en 9 Junie daar, op 10 Junie is dit Bed on Bricks en 13 Junie Tracey Lee Engel. Besprekings by 886-6107.

Paarl Mall: Hiram, a well-known saxophonist will entertain Paarl Mall visitors in the Food Court on Friday night from 19:00 till late.

Mark: Die Helderberg Veldwinkelmark is Saterdag van 08:30 tot 13:00 by Southey’s Vines, Hoofweg op Somerset-Wes.

Boekpraatjies: Nigel Worden, van wie daar onlangs die boek “Trials of slavery” verskyn het, sal Saterdag om 11:00 in Protea Boekwinkel (Stellenbosch) oor dié insiggewende werk van hom gesels. Skakel 882-9100 vir meer besonderhede of besoek die webblad by www.proteaboekhuis.co.za.

Bistro: Sondag bied Die Bistro, Strand Pavilion, Kusweg, Strand André Swiegers en sy sangmaat, Monica. Die vertoning begin om 20:30 met ’n ŕ la carte spyskaart vanaf 18:30. Bespreek by 854-4026.

Nuwe CD: Nicola Visser (10) van Wellington stel haar eerste CD, “Mal oor Jou” vry op Saterdag 10 Junie om 19:00 in die Wellington Stadsaal. Ruben Lennox, wat van die liedjies geskryf het, sal die aand open met ’n paar van sy eie liedjies. Mense wat belang stel om die aand by te woon, kan een van die volgende nommers skakel: 072-375-0237 of 864-1711 (na 17:00).

Kersmark: Soek uitstallers met kwaliteit handgemaakte artikels vir ’n Kersmark van 10 tot 24 Desember by Laerskool Noord-Eind, Paarl. Aansoeke sluit 31 Julie. Heidi Kleynhans by 073-240-4553.

Konsert: Kurt Darren en Gerrie Pretorius tree op Saterdag 17 Junie in die Strand op. Navrae by Liezel, 084-767-2430.

Sanger: Die bekende Juanita du Plessis is op 10 Augustus om 19:00 in die SAP Kollege se ouditorium. Kaartjies beskikbaar by Musiklood (872-3863).



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za