Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Aard erfenis en Paarl

Aard erfenis en Paarl
 
2006-06-01


AL ooit gewonder hoe die aarde verander het totdat die Bergrivier en berglandskap rondom Paarl lyk soos ons dit vandag ken?

Paarl Tuinbou bied op Dinsdag 13 Junie om 19:30 ’n praatjie oor dié onderwerp aan by Eccentric Trading.

‘Aard Erfenis en die Paarlvallei’, is die onderwerp van prof Izak Rust se praatjie.

Hy gaan gesels oor die geskiedenis van veranderinge in die aarde en omgewing.

Hy sal spesifiek verwys na veranderinge in klimaat en plantegroei en iets sê oor grondvorming en die ontstaan van die fynbos flora.

Ná die tyd sal daar ook tyd wees vir vrae.

Kom kuier gerus saam om ’n kaggelvuur met sop, wyn en iets te ete.

Die koste is R70 (R75 vir nie-lede) en besprekings is by Hermien Verster, 872-2582, vóór Saterdag10 Junie.

Plek is beperk, so bespreek vroegtydig. Almal is welkom, mans en vroue.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za