Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kuns help welsynsorganisasies

Kuns help welsynsorganisasies
 
2006-06-01


AL die kleiner welsynsorganisasies en NGO痴 wat sukkel om die pot aan die kook te hou kan aansoek doen om in aanmerking te kom vir 地 unieke fondsinsamelingsprojek met die naam Give us a hand/Sit hand by.

Die Paarl se jongste vermaakvenue, Waterpoel, gaan vroeg in September 地 baie ongewone veiling hou waar hande, versier deur Paarlse kunstenaars, opgeveil gaan word vir liefdadigheid.

地 Jong kunstenaar wat pragtige houtsneewerk doen, Domingo Fyle, was die inspirasie vir hierdie projek.

Hy het 地 hele mandjie vol hande uit populier gekerf en hierdie hande
kan op verskeie maniere versier of bygewerk word in kunswerke.

Domingo is oorspronklik van Angola, maar woon al vyf jaar lank in Smartie Town in die Paarl.

Hy verdien sy geld deur bloekom en populier te kerf in die mooiste vrugtebakke, tafels en ook beelde.

Hierdie geesdriftige jong man se hande staan vir niks verkeerd nie en hopelik sal dit sommer baie beteken vir 地 organisasie wat belangrike welsynswerk verrig en bykomende geldelike steun verdien.

Organisasies wat wil aansoek doen kan hulle versoeke rig aan Waterpoel, Posbus 2050, Windmeul, Paarl of 地
epos stuur aan waterpoel@mweb.co.za.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za