Verstaan maar alte goed
2006-06-01
EK kan “slanghater” (Geraas by fees skok, 11 Mei) se brief en houding heeltemal verstaan.
Ons woon oorkant die rivier aan die noorderkant, ver van Orleanspark af en kon geensins slaap, televisie kyk, huisgodsdiens hou en ook nie eens met toe deure en vensters gesels nie.
Die geraas het die heeltyd ons lewenswyse oordonder.
Indien hy in Orleanspark woon, sou ek van my kop af geraak het, want dis nog nader aan die langnaweek se 24-uur per dag geraas van die Rastas se fees.
Die arme mense - belasting, krag- en waterbetalers - word nou geensins in ag geneem nie. Wat het geword van mense se regte?
Lees net die koerante en dan kan jy verstaan hoekom “Slanghater” die opmerkings maak oor die mense wat veronderstel is om reg en geregtigheid te laat seëvier.
Iewers moet ’n streep getrek word en almal moet in ag geneem word met besluite aangaande feeste, soos die Rasta- of Moslem- (Boland Summer Festival) feeste.
Ons stel voor - beperk die geraas tot een dag fees (lank voor middernag moet dit stop) of stel dit af.
Verstaanbaar
More
News
|