Hoe gaan SA in 2014 lyk?
2006-06-01
DIE Paarlse Sakekamer hou sy jaarvergadering en ’n dinee op Woensdag 7 Junie.
JP Landman, ’n onafhanklike analis, sal praat oor ‘Hoe SA in 2014 daar kan uitsien’.
Die Sakepersoon van die Jaar sal ook dié aand aangewys word.
Die byeenkoms vind plaas op Edenheim (www.edenheim. co.za) en dit begin om 19:00. Die koste is R140 per persoon. Dit sluit ’n driegang-maal en wyn in. Daar is ’n kontantkroeg beskikbaar.
RSVP voor 2 Junie by Serene, 872-6528, faks 872-9314 of epos: marietjie@vdspuy.co.za.
More
News
|