Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Boland rolbal-finaal kom Drakenstein toe

Boland rolbal-finaal kom Drakenstein toe
 
2006-06-01


DIE Boland streeksfinaal van die gewilde Spar Vroue Pare Rolbalkompetisie vind hierdie naweek vir die eerste keer op rolbalbane in die Drakensteinvallei plaas, wanneer 12 spanne vanoor die hele distrik sake gaan uitspook.

Die kompetisie begin Saterdag om 09:00 op Wellington, vanwaar dit Sondag na die KWV se klubbane skuif.

Tradisioneel is dié streekseindstryd op Worcester gespeel.

’n Span van elk van die gasheerklubs sal ook in aksie wees, met die kombinasie van Marina van Wyk en Dorothy Boucher wat Wellington se vaandel hoog sal wil laat vlieg.

Spanne van Clanwilliam, Lutzville, Vredenburg, Velddrif, Worcester, Robertson, Hermanus, Caledon, Villiersdorp en L’ Agulhas sal ook in aksie wees.

Die uiteindelike wenner gaan in November vir ’n week by Wild Coast Sun rolbal speel teen die ander distrikte se wenners landwyd.

Die Spar-kompetisie is reeds sedert 1996 een van die hoogtepunte
op vrouerolbalspelers se kalenders.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za