Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Peoples sukkel in weg-stryde

Peoples sukkel in weg-stryde
 
2006-06-01


DIE manne van Young Peoples is nou maar een maal nie lekker tuis op ’n ander man se veld nie.

Dit was Saterdag weer beklemtoon toe dié rugbyklub se eerste span sy vierde agtereenvolgende wegwedstryd verloor het - die keer 12-13 teen Noordelikes op Avonwood Park.

Die tuisspan het met die laaste beweging van die wedstryd gaan druk om so ’n naelskraapse sege te verseker.

Die Paarl-span word deur beserings geteister, met baie van sy sleutelspelers wat tans op die krukkelys is.

Verkeerde opsies, gebrekkige verdediging en swak dissipline was die groot kwelpunte in die Tiere se spel.

Die keerpunt in die wedstryd was toe die losskakel, Delwayn Cornelissen, die veld weens ’n besering moes verlaat. Die besoekers kon daarna nie weer aan die gang kom nie.

Barry Williams en Cheslin Solomons het drieë gedruk, met Sam Titus wat met ’n doelskop geslaag het.

Die Tiere sal beslis hul wil om te wen, moet herontdek as hulle volgende Saterdag in hul derby-wedstryd vir Albions die stryd wil aansê.

* Laer Paarl is ook nog op soek na ’n wen-formule nadat hulle die naweek 22-20 teen Richmond Rangers in Elsiesrivier vasgeval het.

Die besoekers het nie met oortuiging gespeel nie en Blues kort beslis nog vuur as hulle vanjaar ’n indruk wil maak in die vierde divisie.
Randy Hill en Donnie Fredericks het die drieë gedruk, terwyl Riduaan Afrika suksesvol was met twee doelskoppe en twee strafskoppe.

* Die eerste span van Windmeul United het Saterdag hopeloos te veel skietgoed vir Caledonian Roses gehad en hulle 46-0 oorrompel.

Die tweede en derde spanne het ewe veel sukses gehad en 12-7 en 35-5 geseëvier.

Windmeul speel Saterdag weg teen Korrektiewe Dienste.

* Riverstones is steeds stert in die lug nadat hulle Saterdag op Zandvlei vir Peninsula in ’n Divisie 4 wedstryd 22-12 geklop het.

Die wenspan se drieë is deur Bradley Sias (2), Delano Hoffman en Christopher Afrika gedruk. Gerswhin Paulse was in die kol met ’n doelskop.

Die tweede span het 15-7 gewen, terwyl die derde span verloor het.

Saterdag speel Riverstones weg teen Richmond Rangers. Die bus vertrek om 11:30 vanaf New Orleans.

* ’n Erg verswakte Young Standards rugbyspan het Saterdag vir Blue Downs in ’n wegwedstryd naelskraap 20-19 geklop.

Die besoekers het van die staanspoor af oorheers en ná 10 minute reeds 10-0 voorgeloop danksy ’n strafdoel deur Rico Davey wat hy opgevolg het met ’n drie en doelskop.

Ná rustyd gaan druk Standards weer dadelik danksy Henley Goliath.
Davey verdoel en slaag met nog ’n strafskop om die telling 20 - 0 te maak.

Die tuisspan veg egter terug en druk in die laaste kwartier drie drieë. Die eindfluitjie blaas voordat hulle die een-punt agterstand kan uitwis.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za