Twee op pad na Wêreld Duathlon Kampioenskap
2006-06-01
TWEE duathlon-atlete van die Paarl is in die SA-span opgeneem wat binnekort aan dié sport se wêreldkampioenskap gaan deelneem.
Martie Stoumann en Bjorn Alexander is in die SA-span opgeneem wat op 26 Julie in Kanada aan dié taai byeenkoms sal deelneem.
Stoumann het haar plek in die span verdien nadat sy ’n eerste plek behaal het in die 35-39 jaar ouderdomsgroep vir vroue tydens die SA byeenkoms.
Bjorn was sewende in die ouderdomsgroep 25-29 jaar.
Albei atlete is druk op soek na borge wat hul reis na die byeenkoms kan finansier.
Stoumann neem vandeesmaand aan ’n driekampkompetisie in Engeland deel.
Stoumann het ook aan verlede jaar se Duathlon Wêreld Kampioenskap in Australië deelgeneem.
Sy het 20ste geëindig in haar ouderdomsgroep nadat sy tegniese probleme met haar fiets ondervind het.
More
News
|