Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Albions veg verbete vir sege

Albions veg verbete vir sege
 
2006-06-01


IN ’n karaktervolle terugvegpoging op Daljosafat Stadion het Albions Rugbyklub se eerste span Saterdag vir Kraaifontein 16-8 geklop.

Die nat toestande het Albions verhoed om sy tradisionele hardloop-rugby te speel en Kraaifontein se oorheersing in die vaste skrums het sake vir die tuisspan vererger.

Dit was dus geen wonder dat die besoekers rustyd 8-0 voorgeloop het nie, met Albions wat nog nie heeltemal hul voete kon vind in die eerste helfte nie.

In die tweede helfte het dinge egter beter vir die Paarliete verloop.
Drie strafdoele en ’n doelskop deur Dominic Daniels het Albions op die voorvoet geplaas.

Jenovan Cornelissen (flank) wat die afgelope tyd maar stil vertoon het, het Saterdag Kraaifontein se verdedigingslyn telkens gebreek en is met ’n drie onder die pale beloon.

In die lynstane het Alfredo Adams (slot) en Morné Goetham (agsteman) oudergewoonte goeie werk gedoen. Roderick Allies het ook ’n groot rol gespeel op beide verdediging en die balverspreiding en is as speler van die wedstryd aangewys.

Daniels het dan ook verhoed dat Kraaifontein ’n bonuspunt kry toe hy ’n speler in die doelgebied oor die doodlyn gestamp het.
Albions II en III het 20-17 en 38-12 verloor.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za