Paarl gans te sterk vir Belhar
2006-06-01
DIE eerste span van die Shepherd Paarl Rugbyklub het Saterdag op Faurestraat Stadion ’n oortuigende 36-6 sege oor Belhar behaal.
Die tuisspan sal egter nie op sy louere kan rus nie, aangesien daar nog baie ruimte is vir verbetering. Paarl kon heelwat meer punte aangeteken het en sal moet skaaf aan hul vorm vir die volgende twee wedstryde teen Strand en Strand United.
Paarl se voor- en agterspelers het reeds vroeg in die wedstryd goed as ’n eenheid saamgespeel en so die spel oorheers.
Danksy skoon en vinnige balverspreiding het die agterlyn verseker dat vyf van die ses drieë deur mooi agterlynbewegings gedruk is.
Voorlangs het die tuisspan se pak voorspelers met harde inklimrugby ’n soliede fondasie gelê en so die agterlyn van ’n oorvloed balbesit voorsien.
Paarl se heelagter, Marco Martin, het oudergewoonte sy teenstanders met aanskoulike lopies platvoet betrap en is met twee drieë beloon.
Die ander drieë is deur Terence Valentyn (senter), Zack Jackson (losskakel), Jacques Hendricks (skrumskakel) en Lionel Hugo (agsteman) gedruk.
Hendricks het ook met drie doelskoppe geslaag.
Paarl II het 7-7 gelykop gespeel, terwyl Paarl III 5-0 gewen het. Paarl het die naweek ’n loslootjie en speel op 10 Junie weg teen Strand.
Paarl se o.20-span het nie speelkans gekry nie, aangesien Macassar laat onttrek het. Paarl is tans tweede op die punteleer in dié liga.
* In ’n rugbywedstryd waar albei spanne hul kanse verspeel het, het Young Gardens en Paarl Rangers 6-6 gelykop gespeel.
Dit was veral Gardens se agterlyn wat teleur gestel het, met drie van sy ervare spelers Ansley Anderson, Charl Hendricks en Ashley Jacobs wat nie beskikbaar was nie.
Voorlangs het die twee pakke voorspelers goed teen mekaar opgeweeg. Gardens se Louis Moses het soms ’n alleenstryd gevoer in die vaste-los.
Gardens se punte was danksy ’n skepskop en strafdoel deur Tino Prince.
* The first team of Vineyards Rugby Club managed the seemingly impossible when they beat the unbeaten log leaders Kylemore 16-13 (6-6) at their home ground with some 400 spectators all dressed in red and black.
This is the first time in two seasons that Kylemore takes a beatening on their home ground.
The kicking boot of flyhalf Andrew Victor was responsible for two penalty kicks and a coversion following a try by prop Moegamat Patel. John Koopman added another penalty to the score. Michael Albertyn (prop), Wasfi Nackerdien (flank), Thaamir Moerat (eighth man and man of the match) were very prominent.
Vineyards play Raithby in Paarl next Saturday.
More
News
|