Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Roses stof Abbotsdale af

Roses stof Abbotsdale af
 
2006-06-01


DIE rugbyspan van Roses United het Saterdag ’n treetjie nader gegee aan sy doelwit om vanjaar as Boland klubkampioen gekroon te word, toe hy vir Abbotsdale 22-17 (12-0) geklop het.

Die wedstryd het teen ’n stadige pas begin en die nat weersomstandighede het dit vir die spelers moeilik gemaak om aan die gang te kom.

Roses se agtal het egter stelselmatig die oorhand begin kry en só die besoekers op die voorvoet geplaas.

John-Lee Nortje (skrumskakel) kry die bal ná ’n skrum, breek om die steelkant en ná ’n bedrieglike swenk, duik hy oor vir sy drie.

Kort voor rustyd het die linkervleuel en Boland Kavalier, Alvin Hugo, sy talent ten toon gestel toe hy ’n paar verdedigers klop om sy drie op te eis.

In die tweede helfte het die tuisspan met mening teruggekom en drie mooi drieë gedruk om so vir Roses behoorlik die skrik op die lyf te jaag.

Die Wellington-span het egter goed kopgehou en kon danksy nog twee drieë deur Alrich Muller (senter) en Danie Roman (plaasvervanger-losskakel) ’n bonuspunt-sege afdwing.

Earl Manie was in die kol met een doelskop.

Roses speel Saterdag teen Robertson op Pelikaanpark. Dit is die laaste wedstryd van die eerste ronde en Roses sal bitter graag dié wedstryd wil wen om so die eerste ronde onoorwonne af te sluit.

’n Groot ondersteunerspoging word van die tuisskare gevra. Toegang is R5 en hekke open om 13:00.

* Wellington Rugbyklub het dan ook Saterdag op sy tuisveld 27-9 met Delicious afgereken.

Die tuisspan se drie drieë is deur Kris Joubert, Francois Prinsloo en Morné Coetzee gedruk.

Clive Samuels was suksesvol met aldrie doelskoppe en twee strafdoele.

* In die Boland se Presidentsliga Weskus het Hillcrest United Saterdag op Pelikaanpark vir Piketberg 24-12 (9-9) geklop.

Dit was die beste vertoning wat Hillcrest nog die seisoen gelewer het. Hoewel sake baie gelyk was in die eerste helfte, het Hillcrest in die tweede helfte oorheers danksy sy sterk pak voorspelers. Die flank, Randall Morrison, was baie prominent.

Die Wellingtonners se drieë is deur Gerswhin Heugh (vleuel) en Moegamat Arnold (stut) gedruk. Conroy Gertse was in die kol met vier strafdoele en ’n doelskop.

Hillcrest speel Saterdag teen Mamre en sou hulle hier wen, kan hulle die nuwe ligavoorlopers word.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za