Oppas vir werksoeker
2006-06-08
MENSE in die Paarl is gewaarsku om op hul hoede te wees vir ’n ambagsman wat plaveiwerk soek.
Die man in sy veertigerjare praat Afrikaans en Xhosa.
Hy klop by huise aan en vertel dat hy honger is en werk soek. Hy spits hom veral op plaveiwerk toe.
Ywerig kap hy dan die plaveisel wat vervang word, op. Dan word daar gevra vir ’n deposito om die nodige materiaal aan te koop - gewone praktyk by meeste ambagslui.
Maar die verskil is net, hierdie kalant sien jy nie weer nie.
Só is ’n inwoner van Suider-Paarl nou R3000 kwyt waarmee die man kwansuis sand en bakstene sou gaan koop het.
“Die ergste is dat ek nou iemand moet kry om die gemors in my tuin reg te maak.”
More
News
|