Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Polisie-beamptes beseer in botsing

Polisie-beamptes beseer in botsing
 
2006-06-08


TWEE polisie-beamptes is Sondagaand beseer toe hulle in ’n ongeluk in Jan van Riebeeckweg, Paarl betrokke was.

Die ongeluk het omstreeks 18:00 plaasgevind op die hoek van Jan van Riebeeckweg en Lady Greystraat.

Konstabels Oscar Goedeman en Ivor Cupido was op roetine-patrollie tydens die botsing.

Volgens ooggetuies het ’n Toyota Tazz wat in die rigting van Wellington onderweg was, teen die polisievoertuig gebots.

Die slag was so hard dat die polisievoertuig twee keer gerol het.

Konst Cupido is met nekbeserings in Paarl Medi-Clinic opgeneem, en konst Goedeman is kort na behandeling daar ontslaan.

’n Woordvoerder van die Polisie het gesê dat ’n saak van nalatige en roekelose bestuur ondersoek word.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za