Gesinsweek in Paarl
2005-04-14
’n GESINSWEEK word van Maandag 18 tot Sondag 24 April by die VGK Bet-el in die Paarl aangebied.
Maandag praat Marietjie Geldenhuys oor die huwelik en Dinsdag is dr Nelis Grobbelaar aan die beurt met Miv/Vigs.
Dr Christo Thesnaar praat Woensdag oor gesinswaardes en Donderdag 21 April gesels dr Lize Helström oor seksueel oordraagbare infeksies.
Tieners en jongmense is Daleen Labuschagne se onderwerp Vrydag 22 April. Saterdag plaas Merlse Danhouse werkloosheid onder die vergrootglaf en Sondag sluit Andrew Bruintjies die week af met ’n praatjie oor die huwelik en gesin. Byeenkomste begin om 19:30.
More
News
|