Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kansa help in Drakenstein

Kansa help in Drakenstein
 
2006-06-08


OPLEIDING in emosionele ondersteuning van kankerpasiënte en hul families word van 11 tot 14 Julie deur Kansa op Wellington aangebied.

Hulle is dringend op soek na vrywilligers in Paarl-Noord, Paarl-Suid en Paarl dorpareas.

Enige iemand wat graag by pasiënte betrokke wil raak en ten minste een uur per week het om te bied, kan aansoek doen hiervoor.
Kansa beskik oor die volgende gratis dienste in die area:

* Reik na Herstel is ’n ondersteuningsgroep met die uitsluitlike doel om ondersteuning pre- en postoperatief aan borschirurgiese pasiënte te gee. Hierdie pasiënte word in die hospitaal besoek wanneer hulle ’n mastektomie of enige ander borschirurgie moet ondergaan.

* Opgeleide gesondheidsbevordering vrywilligers lewer gratis inligtingsessies, doen uitstallings en versprei inligting omtrent die volgende onderwerpe: Wat is kanker; Dieet en kanker; Vrouegesondheid (bors- en servikale kanker); Mansgesondheid (prostaat- en testikulêre kanker); Gesondheidsgevare van tabak en Sonveiligheid (velkanker).

* Vrywilligers is ook betrokke by die organisering van gratis borsondersoekklinieke waar die gemeenskap geleer word om ’n borsondersoek op die korrekte manier te doen, terwyl hulle ’n gratis ondersoek deur ’n verpleegkundige ontvang.

* Pasiëntediens vrywilligers lewer ’n gratis emosionele ondersteuningsdiens aan vroeg gediagnoseerde kankerpasiënte en hul gesinne. Hulle word een maal per week besoek deur ’n opgeleide vrywilliger wat die nodige ondersteuning bied. Mediese toerusting en verbruiksartikels word ook gratis beskikbaar gestel vir pasiënte.

Pasiënte of hul families moet per telefoon registreer om vir hierdie diens in aanmerking te kom.

* ‘Hoping is Coping’ is ’n ondersteuningsgroep vir vroeg gediagnoseerde kankerpasiënte en hul gesinslede. Die doel van hierdie groep is om pasiënte te bemagtig met meer inligting omtrent wat hierdie siekte is, wat behandeling behels, dieet en kanker en emosionele hanteringstegnieke om sodoende beheer oor hul lewens te neem.

Vir meer inligting omtrent Kansa-dienste of om deel te word van die pasiëntediensspan, skakel met Mareé Lambrechts, Kansa Gesondheidsprogram Koördineerder by 876-3589 gedurende kantoorure.



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za