Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Famsa werkswinkel

Famsa werkswinkel
 
2006-06-08


FAMSA het die afgelope maand landwyd gefokus op veranderende families in die samelewing, as deel van die Internasionale Dag vir Families en Gesinne.

Famsa Boland beoog ’n werskwinkel vir egpare op Saterdag 22 Julie.

Daar gaan spesiaal aandag gegee word aan egpare wat hulself in ’n tweede huwelik of ’n hersaamgestelde gesin bevind en wat aan hul eie lyf die dinamika en kompleksiteit van verhoudinge met gesinslede ondervind.

Egpare wat hierdie werkswinkel wil bywoon teen R120 per paar, kan Famsa skakel by 872-2700. Bespreking en vooraf registrasie is nodig, want daar is ’n beperkte getal plekke beskikbaar.

Famsa het onlangs sy vyfde bestaansjaar in Drakenstein gevier.

Die organisasie beywer hom om kwaliteit berading aan individue, egpare en gesinne te gee en deur praatjies, werkswinkels en seminare die publiek te bemagtig tot die handhawing van bevredigende verhoudinge binne alle gemeenskappe.

* Famsa sal gedurende Junie alle egpare wat die eerste keer gaan vir berading, gratis konsulteer gedurende die eerste onderhoud.



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za