Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Taalmuseum by Woordfees

Taalmuseum by Woordfees
 
2005-03-04


DIE Afrikaanse Taalmuseum in die Paarl bied vanjaar die eerste keer opwindende programme aan by die Stellenbosse Woordfees (7 tot 13 Maart).

In 'Dis lekker om te lewe - selfs op 80!' gesels die oupagrootjie van Afrikaanse komedie, Al Debbo, oor sy jarelange ervaringe in die vermaaklikheidsbedryf. Daarna volg die film, 'Dis lekker om te lewe' (1957).

Dié program is op Donderdag 10 Maart om 16:15 in die Wilcocks-saal 201. Kaartjies is R30.

Die Taalmuseum bied verder ook twee produksies by die Kinderfees aan.

'Dokter Doodmaak' is nie sommer enige dokter nie - hy kan van karkaatjies tot nie-lus-vir-skool-toe-gaan nie, regdokter. Dié verhaal is gebaseer op 'n samespraak uit 'n Paarlse dokter se Afrikaanse Debatsboek (1876 - 1906) en is gratis op Saterdag 12 Maart (10:20) op die ACVV-speelterrein te sien.

Daarna, om 11:50, kan kinders nader staan vir nog 'n opwindende produksie, 'Raai, raai riepa!', wat ook gratis aangebied word.

Hierdie saamraai-saamspeel-saamlag program met raaisels, idiome en kreatiewe boektitels word deur Marie Hammann aangebied.

Jong feesgangers moet ook nie Pippie Langkous, Liewe Heksie en Makroman misloop nie.

Kaartjies

Vir meer feesinligting, skakel tel 808-3513, stuur 'n e-pos na fees@sun.ac.za of besoek www.sun.ac.za.

Besprekings kan gedoen word van Maandag 7 Februarie (09:00 tot 17:00 weeksdae).

Vir telefoniese kredietkaart- en kontantbetalings, skakel die kaartjiekantoor by 808-2859 en 808-2160.

Vir e-pos besprekings, stuur na fees@sun.ac.za u kontakbesonderhede, naam op kredietkaart, kredietkaartnommer, laaste drie nommers agterop die kredietkaart, vervaldatum, kredietkaarttipe en die programdetail.

Kaartjies te koop by die kaartjiekantoor, Kamer 682, sesde vloer, Lettere A-gebou, h/v Merrimanlaan & Van Ryneveldstraat, Stellenbosch.






More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za