Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Welvisi kan doen met ’n miljoen

Welvisi kan doen met ’n miljoen
 
2006-06-08


WELLINGTON is op wintersdae in mis gehul. Die inwoners slaap nie dan nie, maar droom tog, van ’n miljoen, soos die sanger Lucas Maree destyds gesing het. Dit gaan egter nie by ’n droom bly nie.

Welvisi het onlangs sy droomprojek in ’n bekende restaurant op Wellington bekend gestel.

Talle sakelui en verteenwoordigers van welsynsorganisasies en kerke was by die vroegoggend-ontbyt toe die sekretaris van Welvisi, Dawie Theron, die konsep verduidelik het.

Hy het verduidelik dat Welvisi ontstaan het uit die kerkgemeenskap van die hele Wellington, maar vir die welsyn, vandaar die naam Welvisi.

Welvisi samel nie geld in nie, maar koördineer insamelings, gee raad en help welsynsorganisasies.

Nou gaan hulle betrokke raak by ’n poging om R1 miljoen in te samel vir welsynsorganisasies op die dorp.

Die voorsitter van Welvisi, Danie JC Nel, gaan in Augustus en September aan ’n jaarlikse fietstydren langs die ou “Oriental Express” roete deelneem.

Dié roete strek oor ’n afstand van 4000 km van Parys in Frankryk tot by Istanboel in Turkye en deelnemers gaan ongeveer 45 dae in die saal wees.

Die hele Wellington gaan genader word om as borge op te tree.
Borge kan vir Nel per kilometer borg en dan aandui watter welsynsorganisasie deur die ingesamelde geld bevoordeel moet word.

Volgens Theron is ’n span ouditeurs reeds aangestel om die hele proses te oudit. Geen geld van borge sal vir ad-ministrasie aangewend word nie, elke sent wat ingesamel word, sal aan die betrokke welsynsorganisasie oorbetaal word.

Organisasies wat by die insamelingspoging gaan baat, is onder meer die ACVV, die Dienssentrum vir Bejaardes en Silwerkruin Huis vir Bejaardes, BADISA (barmhartigheidsdiens), die Arendsnes Straatkinderprojek, CABSA (Vigsburo vir Suidelike-Afrika by Hugenote-Kollege), Kansa, Amos (werk onder die landelike- en boerderygemeenskap), die Andrew Murray Kinderhuis, asook die Wamakersvallei Opleidingsentrum.

Vir meer inligting gaan na www. welvisi.org.za, skakel 872-4976 of skryf aan Danie Nel by danien@afriplex. co.za.



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za