Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Abigail weer tuis

Abigail weer tuis
 
2006-06-08


ABIGAIL is terug by die huis en haar ma glimlag breed!

Die kleine Abigail Cloete het reeds drie operasies agter die rug, maar hopelik sal sy haar agtste maand, op 27 Junie, in die Paarl by haar gesin kan vier.

Abigail is op 27 September verlede jaar gebore met geen suikertelling nie.

Twee dae later is sy per ambulans deurgejaag na Groote Schuur hospitaal.

Sy is gediagnoseer met ’n virus in die bloed, water op die longe, moontlike breinskade en ’n wisselvallige suikertelling.

Die water is van haar longe gedreineer, maar haar bloedsuiker wou nie stabiliseer nie.

Uiteindelik is haar pankreas verwyder, tydens drie operasies, wat beteken dat sy vir die res van haar lewe ’n diabeet sal wees.

Ma Alta vertel dat sy ook pilletjies saam met haar voeding moet neem om voorsiening te maak vir die pankreas wat verwyder is.

“Die nagmerrie is nog nie verby nie,” vertel Alta van verlede week toe hulle weer met haar moes deurjaag hospitaal toe.

“Haar bloedsuiker het skielik gedaal tot 1,2 en ons het groot geskrik.”
Abigail sukkel ook met ekseem en dit het gemaak dat sy ’n paar dae langer in die hospitaal moes bly.

Alta en haar man, Gerhard, het almal bedank wat hulle bygestaan het. “Ons weet nie wie almal vir ons gebid en hulp aangebied het nie, maar dit het ons deur die moeilike tye gedra.”

Hulle het veral Brits Prokureurs bedank, wat ’n trustfonds vir Abigail hanteer.

Die gesin, wat in Versterstraat in die Paarl woon, het nog ’n dogtertjie, Nikita, wat drie jaar oud is.

* Baby Abigail, the little girl whose pancreas had to removed last year, is back at home.



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za