Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Arts Calendar

Arts Calendar
 
2006-06-08


Teaterkafee: André Swiegers kuier vanaand en môre by Dorpstraat op Stellenbosch. Saterdag is dit Bed on Bricks en Dinsdag Tracey Lee Engel. Besprekings by 886-6107.

Paarl Mall: Carina Momsen vermaak môreaand besoekers met haar meesterlike klavierspel van 19:00 tot laat.

Wander: An exhibition of sculptures and paintings by Shany van den Berg and Strijdom van der Merwe is on at The Gallery at Grande Provence, Main Road, Franschhoek till 20 June.

Boekpraatjies: Riana Scheepers sal Saterdag om 11:00 in Protea Boekwinkel (Stellenbosch) gesels oor haar kinderboek, “Die avonture van Wilde Willemientjie”. Niël Rademan, wat van die gedigte getoonset het en tydens die pasafgelope KKNK ’n Kanna-toekenning vir sy werk ontvang het, sal ook teenwoordig wees om van dié toonsettings te speel. Skakel 882-9100 vir meer besonderhede of besoek die webblad by www.proteaboekhuis. co.za.

Nuwe CD: Nicola Visser (10) van Wellington stel Saterdag haar eerste CD, “Mal oor Jou” vry om 19:00 in die Wellington Stadsaal. Ruben Lennox, wat van die liedjies geskryf het, sal die aand open met ’n paar van sy eie liedjies. Mense wat belang stel om die aand by te woon, kan een van die volgende nommers skakel: 072-375-0237 of 864-1711 (na 17:00).

Kersmark: Soek uitstallers met kwaliteit handgemaakte artikels vir ’n Kersmark van 10 tot 24 Desember by Laerskool Noord-Eind, Paarl. Aansoeke sluit 31 Julie. Kontak Heidi Kleynhans by 073-637-2016.

Konsert: Kurt Darren en Gerrie Pretorius tree op Saterdag 17 Junie in die Strand op. Navrae by Liezel, 084-767-2430.

Motivering: Die Shine-program word Donderdag 22 Junie om 19:00 by
die Klouter Wouter Kleuterskool in Vredekloof, Brackenfell (h/v Vredekloofweg en Essenhoutstraat) bekend gestel. Cynthia Linde deel traumatiese gebeure uit haar verlede en gebruik dit as vertrekpunt om vroue te motiveer. Bespreek voor 20 Junie per SMS na 082-874-4885 (naam, van en getal).

Konsert: Marissa van Zyl en Christelle van Wyk tree op Woensdag 5 Julie op in Zomerlust Restaurant, Paarl. Kom luister na al u ou en nuwe gunstelinge en geniet iets te ete daarby Vir besprekings, kontak vir Marissa (083-413-0119) of Christelle (082-322-5682).

Sanger: Die bekende Juanita du Plessis is op 10 Augustus om 19:00 in die SAP Kollege se ouditorium. Kaartjies beskikbaar by Musieklood (872-3863).

Concert: International recording artist Nassiri will be at the Velodrome in Cape Town on 2 August in his “Love Sees No Color World Peace Tour”. The visually stunning concert performance will be a collaboration with South Africa’s finest choreographers, singers, dancers and musicians.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za