Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Schwanengesang in die Goodnow

Schwanengesang in die Goodnow
 
2006-06-08


KOMPONIS Franz Schubert se laaste groep liedere, onder die titel Schwanengesang, word Sondag om 17:00 uitgevoer in die NG Moederkerk Wellington.

Die kunstenaars is André Serfontein (tenoor) en Bennie van Eeden (klavier).

Die uitvoering vorm deel van die kerk se Sondagaandluisterreeks van die NG Moederkerk. Toegang is gratis.

Daar sal ’n kort voorligting oor die siklus wees voor die aanvang. Die totale uitvoering behoort binne een uur afgehandel te wees.

Die uitvoering word Woensdag herhaal in die Kweekskoolsaal, Stellenbosch vir die Stellebosch Musiekvereniging. Toegang hier is ook gratis en die uitvoering begin om 20:00.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za