De Coning sing
2006-06-08
DIE goueplaatkunstenaar Jacques de Coning tree Donderdag 29 Junie op by @ The N1 Theatre, Simonsvlei.
Met albumverkope van oor die 100 000 het De Coning die jeug aangepor om op die maat van FAK-liedjies te jol en trots op hul taal te wees!
Hy het hom ook met nuutskeppinge gevestig as een van die land se veelsydige liedjieskrywers.
Met Veels Geluk het Jacques sy bewonderaars ’n feesgerigte album gebring met keurspele - waarin hy gewilde Engelse treffers in ’n Afrikaanse eiesoortigheid verweef.
Besprekings by info@simonsvlei.co.za of Lynette Griessel (082-418-4748).
More
News
|