Wynlandkoor soek stemme
2006-06-08
DIE Wynlandkoor gaan op 20 Augustus vanjaar, in samewerking met die nuwe Apostoliese Koor, ’n “Songs of Praise” in die Toringkerk Paarl, aanbied.
Hennie van der Merwe en sy koorbestuur is tans besig om ’n koor van ongeveer 300 stemme saam te stel.
Ten einde soveel moontlik koorsangers vanauit die Paarl en omgewing die voorreg te gee om deel te hê aan hierdie onvergeetlike ervaring, kan belangstellendes vir Hennie kontak by 082-562-9205 vir ’n oudisie.
Koorliefhebbers wat nie gaan sing nie, moet solank hierdie datum in hulle dagboeke aanteken sodat hierdie geleentheid nie gemis word nie.
Die optrede sal om 16:00 op 20 Augustus wees.
More
News
|