Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Gim, Hugenote spog met Cravenweek-spelers

Gim, Hugenote spog met Cravenweek-spelers
 
2006-06-08


DIE Hoërskool Gimnasium spog vanjaar met die naasmeeste spelers in die WP o.18 Cravenweek-span.

Vier Gimmies is in die span van 22 opgeneem wat van 10 tot 15 Julie by die St John Kollege in Johannesburg aan die Cravenweek gaan deelneem.

Die spelers is Lourens Adriaanse (stut), Bertus O’Callaghan (haker), Jéan Rossouw (stut) en Dewald Duvenage (skrumskakel).

Twee spelers van die Hoër Landbouskool is ook in die span opgeneem. Die kaptein en haker van Boland Landbou, CG Stoumann, en die staatmaker agsteman, Morné Hanekom, sal ook vir die Streeptruie in aksie wees.

Die Hoër Jongenskool Paarl het een speler wat vanjaar vir die WP sal diens doen.

Die slot Ya-Ya Hartzenberg sal hoop om sy skool se reputasie gestand te doen.

In die Fidentia Boland-span was die oes maar yl vir die Paarlse skole.
Geen van die groot skole soos Klein Nederburg, New Orleans of Paulus Joubert het ’n speler in die Cravenweek-span nie.

Hoërskool Hugenote is al skool wat vanjaar die paal kon haal en spog met vier spelers in die span van 22.

Die spelers is Henk de Villiers, Divan Koch, Morton Coetzee en Juan de Jong.

O.16’s speel op Wellington

Vanjaar se Grant Khomo o.16-rugbyweek word vanjaar van 26 tot 29 Junie op Wellington gespeel.

Twee spanne sal vir die Boland in aksie wees, ’n o.16A-span en ’n Boland Fidentia XV-tal.

Plaaslike spelers wat in die ander provinsiale rugbyspanne opgeneem is, is: (WP Akademie) Johan Sadie, Eddie Harley, Roland Slamet (albei Gim), B Schoeman, H van der Merwe, J Smit en J Coetzee (almal Boland Landbou). (Boland Akademie) Aden Goosen (Bergrivier Sekondêr), Suan Havenga (Hugenote) en Justin Morgan (Groendal). (WP o.16 Grant Khomo) Paul Viljoen, Werner Cupido, Edgar van Wyk, Jaco Olivier (alvier van Hoër Landbouskool), Marcel van der Merwe, William Clift, Philip Hanekom, Kyle Strydom, Johann Wilken en Lincoln Heugh (almal HJSP), Jackquim Rodgers, Helmut Lehmann en Louis Schreuder (Paarl Gim). (Boland o.16A Grant Khomo) Dud-Lee Jonathan, Clayton August (New Orleans), Louw Heunis, Frederick Muller, Vincent Koch, Renaldo Festus, Marnus van Rensburg (Hugenote), Morné Williams (Noorder-Paarl), Randall Geldenhuys (Klein Nederburg). (Boland Fidentia XV-tal) Sharief Mack, Taurian Small (Klein Nederburg), Heinrich Gabler, Rynard Prins (Hugenote), Clayton Blommetjies, Bjorn Kidd (New Orleans), Enrico Louw (Labori), Jason Engeldee (Bergrivier) en Adri Jacobs (Kylemore).



More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za