Jeugdag sangfees
2006-06-08
’n SANGFEES vind plaas op Vrydag 16 Junie, Jeugdag, waar plaaslike talent van die Drakenstein-streek geleentheid gaan kry om hul sangtalent ten toon te stel.
Die fees vind plaas by die Mayerskraal-konferensiesentrum op die R45 Paarl/Wellington pad. Leerders van die onderskeie musiekskole in die streek gaan optree, asook plaaslike kunstenaars.
Die program begin om 10:00, wanneer die laerskoolleerders sal optree.
Die hoërskoolleerders tree van 12:00 op en van 14:00 is die genooide kunstenaars aan die beurt.
Om 19:00 tree die hoofkunstenaar, Karin Kotze op en daarna sal die orkes musiek maak vir die dans.
Toegang is R10 per persoon. Die sentrum het ook voedsel- en kosgeriewe.
Dit is ’n geleentheid vir gesinne om die openbare vakansiedag saam te geniet en na musiek van hoogstaande gehalte te luister.
Navrae by Nartjie Pieterse, 082-563-4920.
More
News
|