Jeugweek
2006-06-08
DIE CYM van VGK Bet-El in Groenheuwel bied van 12 tot 18 Junie ’n jeugweek met die Tema “Each One Teach One Reach” by VGK Bet-El kerksaal.
Sessies begin saans om 19:00. Maandag is daar ’n paneelbespreking oor satanisme en Dinsdag word daar gesels oor ‘Die invloed van musiek en dwelms op jongmense’. ’n DVD, “They sold their souls for Rock & Roll”, word ook vertoon.
Woensdag is daar biduur gelei deur ds Andrew Bruintjies en Donderdag is daar ’n debat, “Is kerkklere rêrig nodig om hemel toe te gaan?”.
Vrydag word daar ’n formele feesdinee gehou. Kaartjies is by lede te kry. Saterdag is daar ’n “Mystery Drive”.
Sondag om 09:00 is daar ’n erediens en die aand om 18:00 ’n sangdiens.
Vir meer inligting, kontak Collin Booysen by 868-0600/082-670-8957 of Jacomina Alkaster by 082-992-3093.
More
News
|