Ons is veilig tussen die bere in Amerika
2006-06-08
EK en Bowers (Alexander) het in Stroudsburg, Pennsylvania aangekom en is nou op Camp Streamside, die kamp waar ons die meeste van die Amerikaanse somer gaan wees.
New York was weer eens ’n ongelooflike ervaring, veral vir Bronwill wat die eerste keer in VSA is.
Hy het hom verkyk aan New Times Square, die groot geboue, die motors, geel taxi’s, kosse en kulture en kon nie genoeg foto’s neem nie.
“Ons het twee dae in New York City gebly, hy in Columbia University en ek in International Youth Hostels.
Dit het ons die kans gegee om New York sommer kaf te draf, maar dit vat natuurlik baie meer dae om die grootste stad in die wêreld te cross-section.
Ons het tot laat rondgeloop en baie mense ontmoet.
Hier waar ons nou is, is dit baie rustiger.
Stroudsburg is maar ’n klein dorpie, maar seker een van die mooiste dorpies in die ooste van Amerika. Groot bome en groen oral waar jy kyk.
Ons kampterrein is omhul met groenigheid en is aan die voet van die Pocono Mountains, wat ook bedek is met bome.
Die plante- en dierelewe hier is nog alive en well en hier kry jy alles, van bere tot eekhorings en nog meer.
Dit is sommer heerlik en ek glo dat dit vir ons ’n fantastiese somer gaan wees. Baie groete en ons mis Suid-Afrika reeds baie.
Ek wil tog net almal bedank wat ons ondersteun en gehelp het om hier uit te kom.
Clinton
(Clinton Plaatjies en Bowers Alexander het onlangs na die VSA vertrek waar hulle as raadgewers sal optree by ’n kamp vir stadskinders. Paarl Post 18 Mei 2006)
More
News
|