Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Fees van vrouewees

Fees van vrouewees
 
2005-04-14


DIE bekende Elsabe Aldrich wuif al die bevryde, sappige vroue van die Wes-Kaap nader na ’n pajamapaartie met ’n verskil. Hulle kuier Woensdag van 18:30 tot 21:30 by Rusticana, Klapmuts.

As jy regtig wil voel dit is ’n wegbreek, ry met die spesiale bus teen ’n addisionele R25 per persoon. Sekuriteitsmanne sal die motors oppas.

Bring vir jou ’n sagte slaapsak en kussing om op te sit. Ook jou eie koffiebeker vir slaaptyd-sjokoladelekkerte met marshmêllo.

Die tema is Eenvoud is ’n kuns. Retha Rix gaan haar guitige kyk na die lewe met die vroue deel. Sy noem die skets ‘Orie wal’. Annalise Wiid lewer sang wat jou lewe gaan verander.

Drag is pajamas, kaftans, sweetpakke, Evapakkie of wat jy ook al wil. Julle kan daar verklee (of op die bus). Daar is ’n prys vir die eenvoudigste uitrusting.

Die koste is R150. Bespreek by René Ras, 976-9478 (w) of 082-442-1710 (na ure).



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za