Boland Atletiek vereer sy atlete, beamptes en rolspelers
2006-06-08
ATLETE en beamptes wat vanjaar Boland Atletiek trots gemaak het, is Saterdag tydens dié liggaam se jaarlikse 5-Ster Prestasie Toekennings-aand vereer.
Onder die meer as 200 eregaste en presteerders wat die aand bygewoon het, was Wes-Kaapse Minister van Sport, Whitey Jacobs; die Burgemeester van Drakenstein, Charmaine Manuel en die President van Sentraal Gauteng Atletiek, Snowey Mathews.
Atlete se prestasies die afgelope seisoen is deur ’n paneel van sewe beoordelaars onder leiding van Ronel Beukes, Boland Atletiek raadslid, beoordeel.
Top atlete wat toekennings ontvang het vir internasionale prestasies, was Ernst van Dyk, Janus Robberts en Robert Oosthuizen. Janice Josephs en Okkert Brits het ook toekennings ontvang, maar kon nie die geleentheid bywoon nie. Dié twee atlete en hul afrigters is tans in Europa waar hulle aan verskeie byeenkomste deelneem.
Die 5-Ster Prestasie Toekenning wat die hoogste toekenning is wat aan ’n Boland-atleet toeken kan word, is aan 27 presteerders toegeken.
’n Verdere 86 toekennings is ook gemaak in die 4-ster afdeling. Een-, twee- en drie-ster toekennings word slegs by skole en klubs toegeken en is vir presteerders op streek of provinsiale vlak.
Volgens Beukes, voorsitter van die 5-Ster Prestasie Toekenning Komitee, was die standaard van vanjaar se nominasies besonder hoog.
Atlete, afrigters, administrateurs, beamptes, klubs en borge het in die twee afdelings toekennings ontvang.
In die atlete kategorie het Janus Robberts, Johan Oosthuizen, Ronel Beukes en Izak Nel 5-ster toekennings ontvang vir die medaljes wat hull gewen het op internasionale vlak.
* Atlete wat 4-ster toekennings ontvang het vir hul prestasies op nasionale vlak, is Francois Coetzer, Elmarco Mathews, Johan du Plessis, Keenan Watson, Karin le Roux, Heinrich Gonzales, RJ Kellerman, Dean Swart, Christian Norman, Brynn-Peter Kemp, Dayne le Kay, Nicola Loots, Jo-Ann Williams, Bevan Hendon, Juanita Stander, Gerhard du Plessis, Fernie Kitshoff, Jason September, Henco Nienaber, Henrico Rooi, Gueron Kulsen, Dewayne Mouries, Maurelia Maart, Liné Barnard, Victor Hogan, Cornel Fredericks, Wilhelm van der Vyver, Lorenco Blaauw en Marike Walters.
In die afdeling vir afrigters het Johan Oosthuizen ’n 5-ster toekenning ontvang vir die prestasies wat sy atleet Robert Oosthuizen behaal het op internasionale vlak.
Ander afrigters wat met 4-ster toekennings vereer is, is Hennie Volschenk, Basil Jantjies, Wium Mostert, Charles Faasen, Mario Philander, Emile Neethling, Francois Veldsman, Piet Kemp, Elmarie Greeff, Tiaan Augistyn, Thys de Vries, Louis Nienaber, Inglis-Searle Benjamin en Louis Blom.
Atletiekbeamptes wat toekennings ontvang het, is Noël Daniels (’n 5-ster toekenning ontvang vir werk as beampte oor meer as 10 jaar), André Jonker, Niklaas Fischer, Pieter Daniels, Daniel Orange, Koos Titus, Willem Jansen, Jannie van Wyngaardt, Clarence Adams, Rejané Willemse, Brandon du Plessis, Kevin Arendse, Adam Bekeur, Roy Abrahams, Eugene Mathyse, Ernest Killowan, Fay-Rose Ceaser, Althea Bekeur, Bernice Williams en Allyson Kok.
Toekennings is ook gemaak aan administrateurs, spanbestuurders en borge terwyl individue ook met 'n Presidents-toekenning vereer is.
More
News
|