Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl Gedenkwedren kan groot wees

Paarl Gedenkwedren kan groot wees
 
2006-06-08


’n GEDENKWEDREN ter nagedagtenis aan die groot Paarlse fietsry-geeste Peter Nicholson en Japie Green word vir Saterdag 17 Junie beplan.

Die padfietswedren word deur Henry van der Merwe van Van’s Sport en die Boland Fietsry-unie gereël.

Nicholson en Green, wat albei verlede jaar oorlede is, was nóú betrokke by die Unie en fietsry in die Boland.

Green was die voorsitter van die Unie terwyl Nicholson bekendheid verwerf het as tydtoets-ryer en vir deelname aan die destydse Rapport fietstoer.

Fondse wat deur die wedren ingewin word, sal vir die bevordering van fietsry in die provinsie aangewend word.

Die organiseerders wil soveel moontlik ryers van regoor die Wes-Kaap na die wedren lok wat oor die langnaweek van 17 Junie
plaasvind.

Die elite-ryers sal oor 120km deelneem, terwyl die veterane, vroue en o.16 ryers 85km sal aflê.

Van der Merwe het reeds met die WP en Boland Fietsry Unies bevestig dat geen ander wedren vir daardie dag gereël is nie.

Hopelik sal van die semi-professionele spanne van die Kaap dus hul opwagting vir dié wedren maak.

Skole-ryers van o.12 tot o.14 kan oor 40km deelneem, terwyl daar ook ’n 30km prettrap en ontwikkelingskliniek gehou sal word.

Tjokkerwedrenne sal ook deel van die dag se verrigtinge uitmaak.
Al die wedrenne sal by Ivanhoe Park in Klein Drakensteinweg begin en eindig.

Goeie prysgeld is op die spel vir al die ouderdomsgroepe en die moontlikheid van televisiedekking is nie uitgesluit nie. Besighede wat belang stel om die poging te ondersteun, kan Van der Merwe skakel by 073-195-6241.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za