Nomineer vroue
2006-06-08
DIE Wes-Kaapse Departement Landbou gaan vanjaar tydens die Vroueboerkompetisie vroue vereer wat nie self boer nie, maar op ’n ander vlak by die landbou betrokke is.
Vroue kan nou in vyf kategorieë genomineer word: top-uitvoerder, to-produsent vir nasionale markte, topprodusent vir informele markte en top-produsent vir huishoudelike gebruik, en landbouvoorloper van die jaar.
Om vir die eerste kategorie in aanmerking te kom, moet ten minste 30% van die totale produksie vir uitvoermarkte geoormerk wees.
Die kriterium vir die tweede kategorie bepaal dat meer as 30% van produkte vir nasionale markte beskikbaar gestel moet word.
Kategorie drie is vir diegene wat aan informele markte verskaf en só vir haar familie sorg.
Die vierde kategorie is vir kandidate wat grootliks vir eie gebruik produseer.
Die sluitingsdatum vir nominasies is 20 Junie.
Navrae kan gerig word aan Gizelle van Wyk, 808-5022 of gizellevw@elsen burg.com.
More
News
|