Duur veldbrande
2006-06-08
DIE Suid-Afrikaanse ekonomie verloor jaarliks 4,3 miljard rand weens veld- en bosbrande.
Die hoofbestuurder van “Working on Fire”, Johan Heine, het aan die parlementęre komitee oor waterwese en bosbou gesę die bosboubedryf verloor sowat 15-duisend hektaar per jaar.
Hy sę 9000 veld- en bosbrande vind jaarliks in die land plaas, waarvan die meeste in die Wes-Kaap is.
Heine sę meer as 400-miljoen rand word jaarliks bestee aan brandbestryding en operasionele en vliegkostes.
“Working on Fire” is ’n armoedeverligtingsprogram van die staat wat opleiding en werkgeleenthede verskaf in ’n poging om ’n landwye netwerk van brandbestryders op te bou.
More
News
|