Winterskool vir byeboere
2006-06-08
DIE immergewilde Byeboerdery Winterskool word weer op 8, 15 en 22 Julie aangebied.
Die meeste klasse word by die Elsenburg Landbou-instituut te Muldersvlei naby Stellenbosch aangebied.
Hierdie kursus is aan almal oop en dek alle aspekte van byeboerdery: van ’n praktiese besoek aan ’n heuningkamer en die bestuursaspekte, tot die fyner besonderhede van koninginteelt en bestuiwing.
Besprekings moet vooraf gedoen word. Inskrywingsgelde is vooraf betaalbaar en sluit ligte etes en verversings in, asook alle kursusmateriaal.
Vir meer inligting, skakel Robert of Deborah Post by 971-1022.
More
News
|