Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Agent gesoek vir transformasie

Agent gesoek vir transformasie
 
2006-06-08


DIE Drakenstein Munisipaliteit soek na 'n implementeringsagent vir die grondtransformasieproses van Saron in terme van die Wet op die Transformasie van Sekere Landelike Gebiede, 1998 (Wet 94 van 1998).

Hulle het professionele persone en maatskappye genooi om ’n projekvoorstel in te dien om in aanmerking te kom vir dié aanstelling.

’n Inligtingsdokument is verkrygbaar van Elizabeth Williams by Beplanning en Ekonomiese Ontwikkeling, tel 807-846 of per e-pos: Elizabeth.Williams@Drakenstein.gov.za.

Die projekvoorstelle moet in ’n verseëlde koevert, duidelik gemerk “Implementeringsagent vir die Grondtransformasieproses: Saron” voor of op Maandag 7 Julie om 10:00 in die tenderbus geplaas word op die Grondvloer.

Merk die koevert vir die aandag van Dalleel Jacobs, Die Bestuurder: Verkrygingsbeleidafdeling, Departement van Finansies, Burgersentrum, Drakenstein Munisipaliteit, Bergrivier Boulevard, Paarl.

Alle tenders sal beoordeel word in terme van die Raad se Verkrygingsbeleid.

In samewerking met die Departement van Grondsake sal die suksesvolle konsultant deur die Raad aangewys word en die besluit sal finaal wees, waarna geen bespreking of verdere korrespondensie aangegaan sal word nie.



More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za