Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


KWV groet landbou-minister

KWV groet landbou-minister
 
2006-06-08


KWV se voorsitter Danie de Wet, was Saterdagaand die gasheer tydens KWV se eerste Voorsittersdinee, waar daar ook afskeid geneem is van Thoko Didiza, voormalige Minister van Landbou en Grondsake en nou Minister van Openbare Werke.

Dié swierige geleentheid het plaasgevind in KWV se Katedraalkelder.
Didiza, die eregas van die aand, is deur De Wet bedank vir haar positiewe rol in die bedryf tydens haar amp. Didiza het ’n bottel 1965 Port in ontvangs geneem.

“Dit was ’n goeie oesjaar Minister, aangesien dit ook die jaar was waarin u gebore is,” het De Wet gesê.

Tydens hierdie geleentheid het KWV ook aangekondig dat die laaste paaiement van die R380 miljoen wat KWV aan die Suid-Afrikaanse Wynbedryftrust (Sawit) moes betaal, twee jaar vroeër as wat beplan, vereffen is.

Hierdie betaling is die gevolge van die ooreenkoms wat KWV met die destydse Minister van Landbou, Derek Hanekom, gesluit het toe dié instelling omvorm is van ’n landbou-koöperasie tot ’n maatskappy.

’n Aangename verrassing van die aand was die bekende persoonlikheid en sanger, Nataniël, wat as seremoniemeester opgetree het.

Nataniël het seker gemaak dat die gaste, wat bestaan het uit sakemanne soos Christo Wiese en Johann Rupert en die Wes-Kaapse Minister van Landbou, Cobus Dowry, vir lank gaan praat oor die aand waar die operasangers Zanne Stapelberg en Fikile Mvinjelwa opgetree het.



More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za