Kreatiewe skryffees oor jou straat
2005-04-14
DIE Drakenstein Munisipaliteit hou vandeesmaand ’n kreatiewe skryffees, My Straat, waaraan almal kan deelneem.
Die gedagte is dat mense ’n gedig of ’n bladsy (300 woorde) oor die straat (of plaas) waar hulle woon, moet skryf.
Die stadsraad het ook ’n tydjie afgeknyp om deel te neem. Hier is van die resultate:
Spekboomlaan is bekend vir sy vriendelike mense, wat min or meer op dieselfde tydperk daar ingetrek het. Mense is destyds van verskillende uithoeke en kulture en gelowe ingetrek. Ons respekteer mekaar nog steeds, ná al die jare. Spekboomlaan is 'n lekker straat, rustig, plesierig, opgeruimd en hoogge- leerde mense bly daar. Amen. (Raadslid Chris Leander)
Gemsbokstraat in Chicago, waar mense seer kry - werksloosheid, honger, huis- loosheid. Mense word verwaarloos en hulle voel nutteloos. (Raadslid Bokkie Claasen)
Langstraat waarin ek bly, waarin ek groot geword het, gespeel het - in die veld waar ons huisies gebou en in getrou het. (Raadslid Deon Swart)
Cummingstraat op Wellington is ’n aangename, mooi omgewing. Die straat is omsoom van netjiese huise met versorgde tuine. Die inwoners ken mekaar. Dankie hiervoor. (Raadslid Johan van Wielligh)
My straat is geteer My straat is vol krake Dit gaan baie geld kos Om my straat op te dos. (Raadslid Koos Louw)
Dreydenstraat is ’n lekker straat om in te woon. Almal ken mekaar, deel met mekaar, lag saam en kyk wat ons op ons eie kan doen, veral die skoonmaak van die pad. (Raadslid Anna Langeveldt)
Die sluitingsdatum is 30 April. Meer inligting is beskikbaar by skole en biblioteke en inskrywings kan ook by biblioteke ingehandig word.
Bydraes kan ook per e-pos aan mystreet@drakenstein.gov.za gestuur word.
Die naam van jou skool, jou naam, ouderdom en kontakbesonderhede moet op die agterkant van jou inskrywing verskyn.
Die naam van jou straat moet aan die bokant van jou inskrywing verskyn, anders sal dit nie aanvaar word nie.
Inskrywings mag in Afrikaans, Engels of Xhosa wees. Die wenners sal op 10 Mei aangekondig word.
Daar is ses kategorieë: poësie en prosa vir laerskole, hoërskole en volwassenes.
Die gedagte is dat mense ’n gedig of ’n bladsy (300 woorde) oor die straat (of plaas) waar hulle woon, moet skryf.
Die stadsraad het ook ’n tydjie afgeknyp om deel te neem. Hier is van die resultate:
Spekboomlaan is bekend vir sy vriendelike mense, wat min or meer op dieselfde tydperk daar ingetrek het. Mense is destyds van verskillende uithoeke en kulture en gelowe ingetrek. Ons respekteer mekaar nog steeds, ná al die jare. Spekboomlaan is 'n lekker straat, rustig, plesierig, opgeruimd en hoogge- leerde mense bly daar. Amen. (Raadslid Chris Leander)
Gemsbokstraat in Chicago, waar mense seer kry - werksloosheid, honger, huis- loosheid. Mense word verwaarloos en hulle voel nutteloos. (Raadslid Bokkie Claasen)
Langstraat waarin ek bly, waarin ek groot geword het, gespeel het - in die veld waar ons huisies gebou en in getrou het. (Raadslid Deon Swart)
Cummingstraat op Wellington is ’n aangename, mooi omgewing. Die straat is omsoom van netjiese huise met versorgde tuine. Die inwoners ken mekaar. Dankie hiervoor. (Raadslid Johan van Wielligh)
My straat is geteer My straat is vol krake Dit gaan baie geld kos Om my straat op te dos. (Raadslid Koos Louw)
Dreydenstraat is ’n lekker straat om in te woon. Almal ken mekaar, deel met mekaar, lag saam en kyk wat ons op ons eie kan doen, veral die skoonmaak van die pad. (Raadslid Anna Langeveldt)
Die sluitingsdatum is 30 April. Meer inligting is beskikbaar by skole en biblioteke en inskrywings kan ook by biblioteke ingehandig word. Bydraes kan ook per e-pos aan mystreet@drakenstein.gov.za gestuur word.

More
News
|