Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Charlene in Paarl

Charlene in Paarl
 
2005-04-14


DIE bekende Charlene Truter is môre om 19:00 by Laborie restaurant in die Paarl met ’n program, ‘Ek & my musiek’.

Haar vertoning is ’n viering van die musiek wat die grootste invloed op haar gehad het - die meeste daarvan in Afrikaans.

Dit is oorspronklik saamgestel vir die Suid-Afrikaanse fees in Vlaandere (België) in 2002 onder die naam Pryslied en met groot sukses daar uitgevoer.

Begeleier Bram Potgieter se slim verwerkings het die musiek ’n energieke dimensie gegee sonder om die sielvolheid daarvan te verloor.

“Dis vir my gepas dat ek ná die suksesse van verlede jaar terugkeer na my geboortedorp en ek sien uit na dié ervaring.”

Kaartjies: Skakel Laborie 807-3095 of Paarl Muzikfront 872-9183.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za