Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Jeugdag-sangfees

Jeugdag-sangfees
 
2006-06-15


’n SANGFEES vind Vrydag, Jeugdag, plaas waar plaaslike talent van die Drakenstein-streek geleentheid gaan kry om hul sangtalent ten toon te stel.

Die fees is by die Mayerskraal-konferensiesentrum op die R45 Paarl/Wellingtonpad.

Leerders van die onderskeie musiekskole in die streek gaan optree, asook plaaslike kunstenaars.

Die program begin om 10:00, wanneer die laerskoolleerders sal optree.

Die hoërskoolleerders tree van 12:00 op en van 14:00 is die gaskunstenaars aan die beurt.

Om 19:00 tree die hoofgaskunstenaar, Karin Kotze op en daarna sal die orkes musiek maak vir die dans.
Toegang is R10 per persoon en die sentrum het ook voedsel- en kosgeriewe.
Dit is ’n geleentheid vir gesinne om die openbare vakansiedag saam te geniet en na musiek van hoogstaande gehalte te luister.
Navrae by Nartjie Pieterse, 082-563-4920.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za