Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wen kaartjies vir musiekspel

Wen kaartjies vir musiekspel
 
2006-06-15


’n MODERNE produksie van die musiekspel Jesus Christ Super Star begin op 20 Junie by die Theatre on the Bay, Kaapstad.

Tim Rice en Andrew Lloyd Webber se meestermusiekspel is gebaseer op die laaste sewe dae van Jesus van Nasaret.

Met Cito, die voorsanger van Wonderboom, in die rol van Jesus, Robert Finlayson as Judas en Candida Mosoma as Maria Magdalena, beloof hierdie Pieter Toerien produksie gehaltevermaak.

Die regie word behartig deur Paul Warrwick Griffin, die musikale regie deur Charl-Johan Lingenfelder, ontwerp deur Keith Anderson en die choreografie deur Timothy le Roux.

Kaartjies (R100-R250), ook vir spesiale Sondagopvoerings, kan bespreek word by 438-3300.

* Paarl Post lesers het die kans om twee kaartjies elk te wen na die Sondagvertoning op 2 Julie om 15.00. Stuur ’n e-pos na willem@theatreonthebay.co.za met kontakinligting.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za