Gholfdae ondersteun Kansa
2006-06-15
DIE Kankervereniging van SA (Kansa) en Sanlam bied Saterdag ’n gholfdag aan, met ondersteuning van Paarl gholfklub en die gemeenskap van Paarl, as deel van die bewusmakingsveldtog oor die waarskuwingstekens van kanker.
Die doel van die Sanlam Kanker Uitdaagreeks is om broodnodige fondse vir Kansa Paarl in te samel.
Die sakegemeenskap asook individue kry die geleentheid om betrokke te raak deur ’n gaatjie of bof te borg, donasies te gee of ekstra pryse vir die dag te skenk.
Die bevolking van Paarl en omgewing, kom tans op 111 514 te staan en elke persoon het ’n reg tot gesondheidsorg. Een uit vier van dié persone loop die gevaar om ’n kanker-statistiek te word.
Kontak projekfasiliteerder (Boland) Alta Falck by 082-972-8745 of fundboland@ cansa.org.za; of programmekoördineerder Mareé Lambrechts by 876-3589.
* Die vroue-gholfdag is verskuif van Dinsdag 13 Junie na Dinsdag 20 Junie.
More
News
|