Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Help as beoordelaar vir wetenskapexpo

Help as beoordelaar vir wetenskapexpo
 
2006-06-15


AFGETREDE wiskunde- en wetenskaponderwysers, of wetenskaplikes wat aktief in die industrie werksaam is, het die kans om hul kennis terug te ploeg in die jeug deur as beoordelaars by vanjaar se streekskompetisie van die Eskom Expo vir Jong Wetenskaplikes op Stellenbosch op te tree.

Hierdie uitnodiging word gerig deur die Instituut vir Wiskunde en Wetenskaponderwys aan die Universiteit van Stellenbosch (IWWOUS), wat vanjaar op 17 en 18 Augustus dié gewilde expo in die DF Malansentrum op Stellenbosch aanbied.

Vir die streekkompetisie van Expo kan leerders inskryf in afdelings wat wissel van fisiese of chemiese wetenskappe, elektronika, dier- of plantwetenskappe, klimaatsveranderingstudies, mediese en gesondheidswetenskappe en landbou, tot voeding, wiskunde, rekenaarwetenskappe en sosiale wetenskappe.

“Omdat ons vanjaar tot 400 inskrywings verwag en die leerders soveel interessante projekte in ’n wye verskeidenheid kategorieë inskryf, wil ons seker maak dat ons soveel moontlik beoordelaars beskikbaar het om te verseker dat beoordeling deeglik en regverdig is,” verduidelik voorsitter van hierdie Expo-streek, Erika Hoffman van IWWOUS.

Daar is veral ’n behoefte aan sielkundiges, maatskaplike werkers en mediese personeel wat kan help met die beoordeling van die kategorieë oor sosiale en mediese wetenskappe.

Verlede jaar het skole van onder meer Hermanus, Bredasdorp, Paarl, Wellington, Piketberg, Bellville, Velddrif, Stellenbosch, Somerset-Wes en Graafwater van hul beste projekte ingeskryf.

Medaljes, asook spesiale kontantpryse wat deur maatskappye en die Universiteit van Stellenbosch geborg word, word by die streekkompetisie oorhandig. Projekte word ook gekies om die streek te verteenwoordig by die nasionale kompetisie, wat jaarliks in Pretoria gehou word.

Vir meer inligting oor hoe om as beoordelaar betrokke te raak, kontak Mariëtta van den Worm by 808-3760 of e-pos mvdworm@sun.ac.za. Besoek ook http://www.imstus.sun.ac.za/EXPO.html



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za