Hulp vir egpare
2006-06-15
FAMSA het die afgelope maand landwyd gefokus op veranderende families ins die samelewing, as deel van die Internasionale Dag vir Families en Gesinne.
Famsa Boland beoog ’n werskwinkel vir egpare op Saterdag 22 Julie.
Daar gaan spesiaal aandag gegee word aan egpare wat hulself in ’n tweede huwelik of ’n hersaamgestelde gesin bevind en wat aan hul eie lyf die dinamika en kompleksiteit van verhoudinge met gesinslede ondervind.
Egpare wat hierdie werkswinkel wil bywoon teen R120 per paar, kan Famsa skakel by 872-2700. Bespreking en vooraf registrasie is nodig, want daar is ’n beperkte getal plekke beskikbaar.
Famsa het onlangs sy vyfde bestaansjaar in Drakenstein gevier.
Die organisasie beywer hom om kwaliteit berading aan individue, egpare en gesinne te gee en dmv praatjies, werkswinkels en seminare die publiek te bemagtig.
* Famsa sal gedurende Junie alle egpare wat die eerste keer gaan vir berading, gratis konsulteer gedurende die eerste onderhoud.
More
News
|