Duur fiets kry voete
2006-06-15
’n RESIESFIETS ter waarde van R20 000 is verlede week tydens ’n inbraak in Kweekstraat, Noorder-Paarl, gesteel.
Die eienares van die huis was by die werk en toe sy met middagete by die huis kom, het sy besef dat daar ingebreek is.
’n Pentax-kamera is gesteel, asook ’n rooi Cannondale renfiets. Enigiemand met inligting oor dié gesteelde goedere kan vir kapt Klaas Cloete skakel by 807-4000.
* ’n Wit Toyota Venture is Sondagoggend langs die NGK Paarlvallei gesteel tydens die oggendkerkdiens.
Die Venture het pienk en pers strepe op die sy, en die registrasienommer is CL 16038. Insp Auburn Pietersen kan by 807-4000 geskakel word met inligting.
More
News
|