Dwelms tydens klopjagte gevind
2006-06-15
VERMEENDE dwelmbaas, bendelid Neville (Wit Vlag) Jansen, is die afgelope naweek vasgetrek vir die besit van dwelms, tydens ’n klopjag deur die polisie en lede van die bendetaakmag.
Jansen is tans op parool en is onder huisarres, ook vir die besit van dwelms.
Die klopjag is Sondagoggend uitgevoer op Jansen se woning in Bo-Parkstraat, Wellington.
Nadat die huis deursoek is, is 17 strooitjies en vier gram Tik ter waarde van R2 500 gevind.
Twee minderjarige meisies en nog drie mans is op die perseel in hegtenis geneem.
Hulle het Dinsdag in die Wellingtonse Landdroshof verskyn waar die saak voorlopig teruggetrek is, in afwagting van die chemiese toetsresultate vir Tik.
Dieselfde oggend is ’n klopjag uitgevoer op ’n huis in Mooivleistraat, Vanwyksvlei, waar sewe strooitjies Tik gevind is. Jonathan Thyse en David Oktober is in hegtenis geneem, maar die saak is voorlopig teruggetrek.
More
News
|