Paarliet lewenslank tronk toe
2006-06-15
地 PAARLSE pa van vier is onlangs in die Kaapse Hooggeregshof tot lewenslange tronkstraf gevonnis.
Jafta Storm (37) is verlede jaar skuldig bevind aan die moord en verkragting van 地 jong vrou vir wie hy 地 saamrygeleentheid gegee het.
Storm is gevonnis tot ses jaar gevangenisstraf vir onsedelike aanranding, tien jaar vir verkragting, en lewenslank vir moord.
Evelyn Carelse (23) en twee vriende, het Saterdagnag 12 Julie 2003 地 saamry geleentheid met Storm vanaf Bongi痴 nagklub in die Paarlse middedorp aanvaar.
Hulle het by 地 kafee in Lady Greystraat stilgehou en twee van die passasiers het uitgeklim om kos te koop. Toe hulle terugkom was Storm en Carelse reeds weg.
Carelse se halfnaakte lyk, met haar gesig in 地 plas water, is die volgende dag langs 地 plaaspad in Klein Drakenstein ontdek.
Ondersoekbeampte, insp Jason Pietersen, het sy tevredenheid uitgespreek oor die straf.
Hy het mense gewaarsku dat indien hulle tot misdaad toetree, hulle teen die volle mag van die gereg te staan sal kom.
* A Paarlite has been sentenced to life in prison following the rape and murder of a young woman in July 2003.
More
News
|