Sakewenner aangewys
2006-06-15
DIE Paarlse Sakepersoon van die Jaar is Hanlie Snyman, eienaar van Bernina naaldwerksentrum.
Die benoeming is deur die Paarlse Sakekamer gedoen aan die hand van haar sakesukses en gemeenskapsbetrokkenheid.
Snyman het, sedert sy 20 jaar gelede as Entrepreneur van die Jaar deur die Sakekamer aangewys is, haar besigheid van krag tot krag laat gaan.
Sy het aan die Hugenote Hoërskool gematrikuleer, Huishoudkunde aan die Universiteit van Stellenbosch studeer en naaldwerk onderrig aan Hoërskool Gimnasium.
Ná ses jaar as kledinglektrise by Paarl Kollege het sy as dosent by die Universiteit van Stellenbosch aangesluit.
In 1990 het sy haar eie onderneming, Bernina Naaldwerksentrum, in die Paarl begin.
Drie jaar later het sy die ou Gribble-gebou te Hoofstraat 271 gekoop en gerestoureer. Daarvoor het sy ’n spesiale toekenning van die Stigting Simon van der Stel ontvang.
“Behalwe die bydraes wat sy aan haar kliënte lewer deur opleiding en vaardighede te ontwikkel, doen sy ook naaldwerkopleiding in die agtergeblewe gemeenskap,” het die keurders bevind.
Sy het in 2004 ’n tweede winkel in Bellville geopen en beplan om dit in Julie na ’n groter perseel te verskuif.
Op nasionale vlak is Snyman ook vanjaar deur Bernina uit 86 franchisees op grond van markpenetrasie, begroting en geouditeerde syfers aangewys as die Handelaar van die jaar.
More
News
|