Klasse vir matrieks
2006-06-15
HERSIENINGSKLASSE vir matriekleerlinge word van Saterdag 22 Julie weekliks by Klein Nederburg Sekondêr aangebied.
Die klasse strek oor ses opeenvolgende Saterdae van 09:00 tot 12:30. Die vakke wat aangebied word, is Wiskunde, Natuur- en Skeikunde, Biologie, Rekeningkunde, Bedryfsekonomie, Ekonomie en Aardrykskunde.
Registrasie vind op Maandag 3 Julie by die skool plaas tussen 10:00 en 13:00 (R100 per twee vakke eenmalig of R50 deposito en die res oor twee weke betaalbaar).
Kontak Marina Steenkamp by 862-6714 of 076-285-6006 vir meer inligting.
More
News
|