Riverstones bou spoed op
2006-06-15
DIE bydrae wat die nuwe afrigter, Rudolf Paulse, tot die eerste span van Riverstones Rugbyklub lewer, is Saterdag weer uitgelig toe dié span vir Vineyards 18-17 geklop het.
Dit is die sesde agtereenvolgende sege wat die span dié seisoen behaal.
Riverstones se jong span is besig om ’n hegte eenheid te vorm en die spangees en selfvertroue wat die klub opgebou het, voorspel net goeie dinge vir die tweede ronde van die kompetisie.
Riverstones se drieë is deur Lance Benjamin en Francois van Neel gedruk. Gershwin Paulse was suksesvol met ’n doelskop en twee strafdoele.
Riverstones speel Saterdag teen Young Standards op Daljosafat Stadion.
More
News
|