Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Gardens gly teen St Georges

Gardens gly teen St Georges
 
2006-06-15


DIE Rooi Rose van Young Gardens Rugbyklub het Saterdag op die laaste skiet gegee en so vir St Georges ’n 13-11 sege besorg.

Die toeskouers op ’n volgepakte Gardenspark moes toekyk hoe die tuisspan wat rustyd 11-3 voorgeloop het, in die doodsnikke gekelder word, nadat St Georges gaan druk het.

Die Rooi Rose sou egter brom-brom van die veld gestap het, en spesifiek ’n vuilkyk of twee in die rigting van die skeidsregter gegee het.

Gardens is telkens gestraf sodra hulle in hul teenstanders se gebied inbeweeg het.

Die Paarliete se punte is deur Tino Prince (twee strafdoele) en Christopher Fortuin (drie) aangeteken.

Die tweede spanne het 6-6 gelykop gespeel terwyl Gardens III 20-17 verloor het.

Saterdag kom Gardens op sy tuisveld in ’n maak of breek wedstryd teen die huidige ligavoorloper, Silverleaf, te staan.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za