Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Double V laat Pirates die plank loop

Double V laat Pirates die plank loop
 
2006-06-15


DIE sokkerspan van Double V United het Saterdag ’n duidelike waarskuwing aan Paarl Pirates gestuur voor hul jaarlikse derbykragmeting later vanjaar, toe hulle Saterdag dié span 3-1 geklop het.

Die wedstryd is in ’n goeie gees gespeel en deur aanvallende spel van albei spanne gekenmerk.

Ná 20 minute se spel is ’n strafskop aan Double V toegeken nadat ’n ontoelaatbare neertrek op Breslin Moses uitgevoer is.

Gregory Fredericks het goed gedoen om die doelwagter te flous en die bal het die agterste hoek van die doelnet gevind.

Double V het kort daarna sy voorsprong vergroot toe die doelskieter, Elrich van der Westhuizen, ook verdoel het.

Van der Westhuizen se bedrieglike voetwerk het twee verdedigers geflous en ook die doelwagter laat bontspring om so die rustydtelling 2-0 te maak.

Pirates het in die tweede helfte teruggekap met sy eerste en enigste doel van die wedstryd.

Dit was egter weer die individuele talent van Van der Westhuizen wat die oog gevang het, toe hy met sy tweede doel van die dag slaag om die wedstryd 3-1 te wen.

Double V het Sondag die sterk span van Maties in toom gehou toe hy ’n gelykop 1-1 uitslag afgedwing het. Van der Westhuizen het weer sy span se doel aangeteken.

Die naweek speel Double V op Stellenbosch teen Newtons en Sondag 16:00 tuis teen Worcester.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za